Woede moet nie 'n land se strategie rig - Rapport

Oct 29, 2023
Die konserwatiewe Amerikaanse televisiekommentator Tucker Carlson het waarskynlik uit voorheen ondenkbare oorde ap pious gekry toe hy onlangs gese het dat die Republikeinse politikus Nikki Haley soos 'n kleuter tekere gaan wat 'n vloermoer gooi.
Woede moet nie 'n land se strategie rig - Rapport

Michael Morris

Die konserwatiewe Amerikaanse televisiekommentator Tucker Carlson het waarskynlik uit voorheen ondenkbare oorde ap pious gekry toe hy onlangs gese het dat die Republikeinse politikus Nikki Haley soos 'n kleuter tekere gaan wat 'n vloermoer gooi.

Carlson se opmerking was in reaksie op Haley wat die ambisie het om die Republikeine se volgende presidentskandidaat te word se oorlogsugtige verklaring oor hoe Israel behoort te  reageer op die terreurdade van Hamas.

In 'n onderhoud met Fox News het Haley gese haar raad aan die Israelse premier, Benjamin Netanyahu, is: "Hamas het dit gedoen, jy weet dat Iran agter alles sit... verwoes huller Carlson se kommentaar hierop was: "Dit is nie nugter leierskap nie. Sy is 'n kind en dit is die vloermoer van 'n kind.., onkundig, selfversekerd, bloeddorstig."

Skerp woorde van sowel Haley as Fox, maar groot meningsverskille is waarskynlik onvermydelik onder omstandighede  soos die. Of noodwendig, sou ander se. Want hoe anders as met sterk taalgebruik kan jy verduidelik wat hier, moreel gesproke, op die spel is?

Sou dit nie sake net vererger as jy daarin kon slaag om bedaard, koud en pragmaties te wees nie ongeag water standpunt jy ook al inneem? Dit hang waarskynlik af van die kanse of eintlik die risiko's dat opregte woede enige onmiddellike invloed sal he op die weg wat jy uiteindelik besluit om in te slaan.

Een van die beste waarskuwings oor hierdie risiko's kom  van die Britse kommentator Simon Jenkins in 'n opmerking wat hy gemaak het slegs 'n paar uur na die 9 11aanvalle op die World Trade Center in September 2001. Die kritikus Chris Harmer onthou Jenkins se kritiek sO: "Terwyl die detritus nog op Manhattan neergesif het, het Jenkins daarop aangedring dat in die reaksie op aanvalle rede moet seevier oor wraak. Die aanvalle moet erken word, nie as 'n rede vir oorlog nie, maar as 'n monsteragtige misdaad."

Jenkins het geskryf: "Die boodskap van 9 11 is dat, vir al   sy afgryse ... is dit 'n menslike ramp, 'n vergryp, 'n gruweldaad, 'n loslaat van waansin waarvan die mensdom nooit sal herstel nie... en nie 'n oorlogsdaad nie. "Die demokrasie word nie hiermee geskaad nie, volwassenheid le daarin om te leer om met die waansinnige te leef, en soms te sterf."

Dis 'n gewigtige boodskap maklik genoeg om te se, moeiliker om op te handel tydens 'n katastrofiese oomblik soos hierdie. Maar dit maak dit nie onwaar of belaglik nie.

Vandat ek vir die eerste keer  na die luisterboek From Beirut to Jerusalem van die Amerikaanse joernalis Thomas L. Friedman geluister het, is dit sy wysheid wat ek opsoek as ek 'n geloofwaardige kritiek van die situasie in die MiddeOoste wil lees. Sy boek is 'n boeiende kroniek van die Libanese burgeroorlog van die 1980's tot en met die eerste Intifada in Jerusalem.

Verlede week waarsku Friedman in The New York Times daarteen om toe te laat dat jou strategie deur woede gerig word. Die insig, skryf hy, is ingegee  deur die lees van 'n jong tenkbevelvoerder se opmerking dat Israel se dreigende inval in Gasa nodig is om "Israel se eer te herstel", dat " die landsburgers op ons staatmaak om Hamas te verslaan en die bedreiging van Gasa eens en vir altyd uit te roei".

Dit het hom laat regop sit, skryf Friedman, want oor die jare het hy geleer dat van die vier gevaarlikste woorde in die MiddeOoste is "eens en vir altyd".

Hy skryf voorts: "Al hierdie Islamitiese djihadistiese bewegings die Taliban, Hamas, Isis, AlKaIda, Palestynse Islamitiese  Djihad, Hisbolla, die Hoethi's het diep kulturele, sosiale, godsdienstige en politieke wortels in hul samelewings.

"En hulle het 'n eindelose voorraad van vernederde jong mans. Baie van hulle het nog nooit 'n vaste werk, mag of 'n romantiese verhouding gehad nie 'n dodelik kombinasie wat dit maklik maak om hulle vir enige gewelddadige projek te mobiliseer."

Dit is waarom niemand nog daarin kon slaag om een van hierdie bewegings "eens en vir altyd" te elimineer nie. Hulle kan egter "gelsoleer, in gekort, gedelegitimeer en onthoof word... Maar dit verg geduld, presiesheid, baie bondgenote en alternatiewe wat legitimiteit het binne die samelewings waaruit hierdie jong mans kom."

Dit is in hierdie lig dat dit nou wys is om die idealis se woede 'n bietjie opsy te skuif in die hoop dat dit die pragmatis op die lange duur gaan beloon.

Michael Morris is die mediahoof van die SA Instituut vir Rasseverhoudinge.

Die artikel word herpubliseer met vergunning van Business Day. 

https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/midde-ooste-woede-moet-nie-n-land-se-strategie-rig-20231029

Woede moet nie 'n land se strategie rig - Rapport

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi