Hermann Pretorius
Pres. Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Onteieningswet op23 Januarie was ’n waterskeidingsoomblik vir ons land en vanenorme belang vir alle Suid-Afrikaners.
Die debat wat opnuut deur hierdie wetsbekragtiging ontketen is, isnie nuut nie – en was nog nooit gekenmerk deur kalmte nie. Diehistories gelaaide saak om die onreg van gronduitsettings van die20ste eeu reg te stel, motiveer die pro-onteieningskamp al dekadeslank.
Met gelyke intensiteit waarsku dié wat glo in sekure private-eiendomsreg dat ’n sosio-ekonomiese ramp dreig indien onteieningsonder vergoeding in Suid-Afrika ’n werklikheid word.
Ek het die afgelope week aan verskeie openbare gesprekke endebatte oor die nuwe wet deelgeneem. As opponent van die beginselvan eiendomsregskendings, en dus hierdie wet, was dit vir myskokkend hoe oningelig selfs voorstanders van onteiening sondervergoeding in hul argumentering is.
Keer op keer is ek en opponente van die Onteieningswet vanvreesopstoking beskuldig, veral onlangs deur Makashule Gana, eenvan Rise Mzansi se twee parlementslede. In sy pogings om mywaarskuwings teen die wet af te maak, het Gana eenvoudig te kennegegee dat hy nie die wet waarvan hy ’n voorstander is, verstaan nie.
Om misverstande aan albei kante van die debat te verminder en omseker te maak dat die enormiteit van Ramaphosa se ondertekening
in konteks gesien kan word as ’n gevaarlike ontwikkeling vir onsland, is ’n rasionele uiteensetting van die Onteieningswet se gevarebelangrik.
Is die Onteieningswet slegs op grond van toepassing?
Nee, ingevolge die wet kan enige eiendom onteien word. DieGrondwet bepaal dat eiendom nie beperk is tot grond nie (art. 25(4)(b)). Dit sluit huise, ondernemings, aandele, goudmunte, patente,handelsname, myne en selfs pensioenfondse in. Die meer as 400onteieningsgesagte in Suid-Afrika kan dus ingevolge hierdie wetenige besitting onteien.
Wat van onteiening sonder vergoeding?
Die wet maak voorsiening vir grondonteiening sonder vergoeding.Dit is egter onduidelik of dit ook geboue en verbeteringe op grondinsluit. Ingevolge die wet moet die onteiening van ander vorme vaneiendom vergoed word, maar die vergoeding kan minder asmarkwaarde wees en sluit nie noodwendig finansiële verliese in nie.Daar is ook ’n sogenaamde voogdyskap-risiko: In 1998 en 2002 hetdie regering water- en minerale hulpbronne onteien sondervergoeding deur dit onder staatsvoogdyskap te plaas. Die staat kandieselfde met grond doen, wat beteken eienaars sal om ’ngrondgebruikspermit moet aansoek doen.
Is daar beperkings op grondonteiening in die wet?
Daar is geen beperkings op watter soort grond sonder vergoedingonteien kan word nie. Hoewel die wet vier spesifieke gevalle noemwaar “nul” vergoeding betaal kan word, is die lys nie geslote nie enkan ander gevalle dus toegevoeg word. Die wet is van toepassing opalle grond – stedelik en landelik – en sluit tradisionele trustgrondin.
Hoe werk onteiening ingevolge die wet?
Die staat, deur middel van een van die meer as 400onteieningsgesagte, stuur eers ’n kennisgewing van voorneme om teonteien aan die bestaande eienaar. Die eienaar het dan 30 dae omte reageer om die onteieningsaanbod te aanvaar of nie. Indien die
staat eensydig besluit om voort te gaan met onteiening, ontvang dieeienaar ’n kennisgewing van onteiening wat die onteieningsdatumen vergoeding aandui soos deur die gesag bepaal. Die staat kaneiendom binne ’n dag ná blote kennisgewing in besit neem.
Wat van skuld op eiendom wat onteien word?
As jy ’n banklening op jou eiendom het, moet jy steeds die leningafbetaal, selfs al is jou onteieningsvergoeding R0. Die risiko van ’nbankkrisis is dus enorm op twee vlakke: Talle afbetalers van skuldkan ophou om hul verpligtinge teenoor leningsbanke na te kom endie batewaardes van onroerende eiendom op banke se boeke kandrasties daal, wat die kredietvermoë en stabiliteit van banke kanknou.
Hoeveel onteieningsvergoeding kan jy ingevolge die wet verwag?
Vergoeding moet ingevolge die Grondwet “regverdig en billik” wees,maar markwaarde is slegs een van die faktore in die Onteieningswetse raamwerk vir onteieningsgesagte om op eiendomswaarde tebesluit. Die staat kan maklik die wet se lys van “relevanteomstandighede” (asook enige ander faktore wat dit as toepaslikbeskou) misbruik om minder as markwaarde aan te bied. Dit isonwaarskynlik dat jy vergoeding sal ontvang vir enige direktefinansiële verliese. Die vorige Onteieningswet van 1975 hetvergoeding vir direkte verlies ingesluit, maar dit is uit die huidigewet weggelaat.
Gaan die howe jou kan beskerm?
Waarskynlik nie. Die wet is intern teenstrydig: Dit bepaal dat ’nhofbevel nodig is vir onteiening, maar laat die staat toe om 180 daená onteiening aansoek te doen om ’n hofbeslissing. Die wet seonduidelikheid maak dit moeilik om presies te wees, maar die kansdat jy eers hof toe kan gaan nadat jy jou eiendom verloor het, isgroot. Ten opsigte van grond is daar ook ’n nuwe landhofstelsel metlaer bewysstandaarde as gewone howe wat maklik, soos te gereelddie geval is, die staat bevoordeel.
Waarom maak onteiening en die nuwe wet saak, al besit jy nie grondnie?
Die wet ontmoedig roekeloos werkskeppende beleggings, wat sal leitot karige of geen werkskepping en die waarskynlike verlies vanbestaande werke verswak reeds die randwaarde op geldmarkte enmaak ons land se ekonomie minder mededingend. Dit gee die staatmag om gewone mense te intimideer, wat spraakvryheid enpolitieke deelname ondermyn. Indien ’n EFF- of MKP-regering aandie bewind kom, kan hulle hierdie wet misbruik vir massa-onteiening, met natuurlik Zimbabwe- of Venezuela-agtige gevolge.
Wie veg terug?
Die Instituut vir Rasseverhoudinge veg al meer as ’n dekade teenhierdie wet. Jy kan ons help deur donasies, deur ons petisies teteken, briewe aan koerante te skryf en met politieke partye kontakte maak en jou teenstand teen die wet bekend te maak.
Die wet het verreikende regs- en ekonomiese gevolge. Dit isnoodsaaklik dat alle Suid-Afrikaners, onder wie Gana, bewus is vandie gevare. Slegs doelbewuste en toegewyde opposisie sal hierdierampwet kan verslaan.
Hermann Pretorius is hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge