Rasbehepte wetgewing nie oplossing vir SA se probleme - Maroela Media

Mar 07, 2022
7 March 2022 - President Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede het die belangrikheid van die privaat sektor beklemtoon, en hoe dringend dit is dat die regering alles moontlik doen om ekonomiese aktiwiteit makliker te maak. Die waarheid is egter dat die oorweldigende meerderheid van die regering se idees en beleide teenstrydig is met die ideale van ekonomiese groei en die skep van miljoene werksgeleenthede. Die waarheid word eerder in die wysigingswetsontwerp oor diensbillikheid weerspieël.

Chris Hattingh

President Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede het die belangrikheid van die privaat sektor beklemtoon, en hoe dringend dit is dat die regering alles moontlik doen om ekonomiese aktiwiteit makliker te maak. Die waarheid is egter dat die oorweldigende meerderheid van die regering se idees en beleide teenstrydig is met die ideale van ekonomiese groei en die skep van miljoene werksgeleenthede. Die waarheid word eerder in die wysigingswetsontwerp oor diensbillikheid weerspieël.

Indien die wysigingswetsontwerp as wet aanvaar word, het die minister van arbeid die mag om, onder andere, teikens te stel vir besighede met 50 of meer werknemers. Hierdie teikens neem beroepsvlakke en billike verteenwoordiging in subsektore of streke binne sektore in ag om diensbillikheid in alle vlakke van die arbeidsmag te verseker. Dit sal dieselfde grootskaalse korrupsie, laer ekonomiese resultate en die verryking van mense met die nodige politieke kontakte as huidige rasgebaseerde wetgewing tot gevolg hê.

Een van die grootste risiko’s van die implementering van die wysigingswetsontwerp is dat werkgewers wat weier om hul werknemers volgens ras te klassifiseer (of vals klassifiseer) boetes van tot en met R1,5 miljoen, of 2% van hul jaarlikse omset, afhangend van die groter bedrag, vir ʼn eerste oortreding opgelê kan word. Boetes vir herhaalde oortredings kan so hoog as R2,7 miljoen of 10% van hul jaarlikse omset beteken.

Indien die huidige ekonomiese klimaat in ag geneem word, is dit amper ondenkbaar dat ondernemings bogenoemde boetes finansieel sal kan oorleef. Ondernemings wat beboet word, en dit wel maak, besluit dalk om hul besigheid na ʼn meer stabiele en toeganklike omgewing te skuif. Die gevolg is dus dat werknemers verhuis, beleggings onttrek word en die potensiële ekonomiese groei wat die privaat sektor Suid-Afrika bied verder van realiteit-word wegbeweeg. Tot dusver het diensbillikheidkwotas ʼn negatiewe effek op die kapasiteit van die openbare sektor gehad – wat saak maak is wie jy ken en nie wat jy kan doen nie (of hoe goed jy dit kan doen nie). Besighede wat nie genoegsame diensbillikheidsyfers toon nie trek aan die agterspeen met die uitdeel van staatstenders en -kontrakte, met die gevolg dat die koste van dienslewering en produksie binne die privaat sektor drasties verhoog het. In effek ly “al-hoe-armer” Suid-Afrikaners daaronder en moet hulle daarvoor vergoed deur ten duurste vir dienslewering te betaal wat deur die staat gesubsidieer kon word.

Die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) staan vas teen die wysigingswetsontwerp. In pleks van ekonomiese groei te bevorder, sal die wysigingswetsontwerp dit verhinder en politici se mag oor die privaat sektor se toekenning van indiensneming volgens ras bevorder. Hierdie diensbillikheidsplan is vol ekonomiese tekortkominge, maar eerstens, en mees beduidend, is dit oneties. Wetgewing wat opgestel is om landsburgers óf te straf óf te beloon op grond van velkleur moet nie toegelaat word in ʼn hedendaagse, demokratiese Suid-Afrika nie. Straf en diskriminasie moenie toegeken word op grond van die velkleur waarmee jy gebore is nie. Die IRV se navorsing dui jaar na jaar daarop dat armoede en werkloosheid Suid-Afrikaners se grootste kopseer is. Ras-, geloof- en kultuurgrense word oorskry en landsburgers werk saam om hul lewens, en die in hul gemeenskap, te verbeter. Wetgewing wat daarop gerig is om hierdie grense weer op te rig, gaan die ubuntu-filosofie weerspreek.

Met die huidige werkloosheidskoers op 46% moet die regering eerder alles in hul mag doen om besigheidsaktiwiteite so maklik en aanloklik as moontlik vir buitelandse beleggers te maak. Die diensbillikheidsplan sal sorg dat Suid-Afrika nie naastenby genoeg werkskepping sien vir positiewe ekonomiese groei nie. Statistieke van die Reserwebank dui daarop dat buitelandse beleggers en multinasionale ondernemings meer as 27% van Suid-Afrika se vaste beleggings uitmaak. Met ʼn beleggingskonteks soos die huidige – onvoorspelbare elektrisiteitsvoorsiening, wanbestuur van spoorweë en hawens, onvoldoende onbevoegde dienslewering, asook die dreigende diensbillikheidwetgewing – is Suid-Afrika verseker nie in staat om buitelanders die son, maan en sterre te beloof nie.

Indien daar nie drastiese kapitaalbelegging en ruimte in ʼn rasvrye werksomgewing vir besighede geskep word nie, sal Suid-Afrika nie die voorspelde 1,8% gemiddelde ekonomiese groei oor drie jaar in indiensneming sien nie, maar eerder erger werkloosheid soos wat die privaat sektor onttrek as gevolg van diensbillikheidsregulasies en -beperkinge.

Chris Hattingh is adjunkhoof van veldtogte by die Instituut vir Rasseverhoudinge.

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/rasbehepte-wetgewing-nie-oplossing-vir-sa-se-probleme/

 

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi