'N Nuwe Daeraad, Dieselfde Ou Anc - Rapport

27 December 2020 - Dagbreek in Afrika is amper altyd iets om te aanskou.

Michael Morris

Dagbreek in Afrika is amper altyd iets om te aanskou.

Dit het Hemingway ook geweet, wat skryf: "Nooit het ek in die oggend in Afrika wakker geword sonder om gelukkig te wees nie."

Maar ofskoon sonsopkomste in Afrika ons bekoor, kan hulle ons ook treiter. Sal die nuwe dag aan ons hoop en verwagtinge voldoen?

Thabo Mbeki was bewus hiervan. In sy inhuldigingsrede as president op 16 Junie 1999 het hy melding gemaak van die Tswanaidee van "die dagbreek van die dagbreek". "Ons land," het Mbeki gese, "is nou in daardie tyd wat die Tswanamense grafies beskryf as `mahube a naka tsa kgomo' . . . wanneer net die puntjies van die horings van die beeste teen die oggenduitspansel afgeets is."

Om vry te wees van verdrukking was een ding, wou hy skynbaar impliseer, maar regte bevryding kom eers wanneer mense ook vry is van "die verontmenslikende nalatenskap van ontbering wat ons by die verlede geerf het".

Twee dekades later het Cyril Ramaphosa na die dagbreekmotief teruggekeer by sy eie inhuldiging in Mei 2019. Die tema was soortgelyk, behalwe dat die klem nou geskuif het van die apartheidsverlede wat vervaag na 'n dringende konfrontasie met die ANC se al hoe langer wordende regeringstermyn. "Ten spyte van ons ernstigste pogings," het Ramaphosa sy hoopvolle gehoor vertel, "klim baie SuidAfrikaners steeds saans honger in die bed, beswyk baie steeds weens behandelbare siektes, en ly baie steeds lewens van onhoudbare ontbering. Te veel van ons mense het nie werk nie, veral jong mense."

Toe rig hy die visier op sy eie party: "Die laaste ruk moes ons mense toekyk hoe sommige van die op wie hulle hul  vertroue gevestig het, geswig het voor die versoeking van mag en rykdom. Hulle moes toekyk hoe instellings van ons demokrasie geerodeer en hulpbronne verkwis word." So seker was hy van sy saak dat hy sy eie inhuldiging beskryf het as "die dag waarop ons nasie 'n nuwe era ingaan van hoop en hernuwing".

"'n Nuwe era het aangebreek in ons land. . . en 'n helder dag breek oor Suid Afrika." Dit was alles so belowend.

Terwyl Mbeki hom in sy keuse van landelike idioom beroep het op mense se wysheid en geduld, het Ramaphosa nie geaarsel nie. Tog wonder al hoe meer Suid Afrikaners hoe lank die betowerende oorgang van donker na lig dan nou kan duur voordat die son warm op ons rue bak en die skadu's van vertwyfeling verdryf.

Is Cyril Ramaphosa se nuwe daeraad die ware jakob? Die probleem is dat die vraag self op 'n valsheid gegrond is aangesien dit impliseer dat die ANC en Ramaphosa twee verskillende dinge is; dat die president of die wil of die vermoe het om sy gesagin die party af te dwing; of dat die essensie van sy visie hoegenaamd verskil van die bevrydingsparty wat hy lei. Tog het baie mense sy boodskap om arm deels weens die tydsberekening daarvan, deels danksy sy persoonlikheid.

In die nadraai van die Zumajare se aftakeling en korrupsie was die honger na hoop, na 'n nuwe begin, nooit groter as toe Ramaphosa met die geringste van meerderhede verkies is tot ANC leier in Desember 2017 en kort daarna president geword het nie. My kollega Hermann Pretorius het vroeer vanjaar 'n klein Twitterstorm  ontketen toe hy se dat, ondanks Ramaphosa se "afstootlike" beleidsagenda, "ek moet erken dat ek president Ramaphosa as 'n aangename man ervaar".

Dieselfde is waarskynlik waar vir die miljoene mense wat nooit daarvan sal droom om ANC te stem nie maar wat die vaderlike president die vroegoggenddrawwer wat graag vir foto's poseer met stralende aanhangers; die patriot wat ewe gemaklik is in die boma as die raadsaal; die man met 'n maklike glimlag en 'n min of meer geloofwaardige erns wanneer hy oor sake van landsbelang praat beskou as iemand van wie hulle hou, wat gemaklik is in sy eie vel, en wat in die bree geglo kan word. Volgens alle aanduidings het Ramaphosa heelwat steun in ANC geledere en was dit sy eerlike bekentenis oor die toestand  van die ANC wat vir hom veral buite die party soveel waardering verdien het. Die ondenkbare opregtheid van sy bekentenis in Augustus dat die ANC "beskuldigde nommer een" is wat korrupsie betref, was besonder ongehoord. Hier, het baie mense gevoel, was uiteindelik 'n leier wat bereid is om die waarheid te praat. Ramaphosa het nie juis doekies omgedraai nie: "Vandag word die ANC en sy leiers beskuldig van korrupsie. Die ANC staan dalk nie alleen in die beskuldigdebank nie, maar is wel beskuldigde nommer een. Dit is die harde werklikheid wat ons nou moet konfronteer."

Hierop het gevolg 'n bevel van die partyleierskap dat ampsdraers wat betrek word by korrupsie, opsy moet staan. Ook dit is geloof. Maar die vasbeslotenheid het vinnig getaan. Die groot toets sou kom met die inhegtenisneming en hofverskyning van Ace Magashule, die party se sekretarisgeneraal.

Tog sekerlik sou hy opsy moes staan? Ramaphosa het immers in Augustus gese: "Ons moet nou 'n streep trek in die sand. Ons moet beslissend optree en duidelike politieke wil demonstreer."

Weer het die party bontgepraat en regsadvies ingewin, wat aanvanklik daarop sou dui dat dit heeltemal vrywillig behoort te wees om "opsy te staan". Etlike dae van onsekerheid het gevolg voordat ooreengekom is dat Magashule hom aan die party se integriteitskommissie moes onderwerp iets wat hy self lankal voorgestel het. En hy het.

Luidens 'n uitgelekte verslag het die kommissie aanbeveel dat Magashule geskors en be veel word om uit sy pos te tree, maar die besluit is aan die nasionale uitvoerende komitee NUK oorgelaat, wat eers in Januarie weer vergader. Wat het nou geword van Ramaphosa se opdrag en voorneme om "beslissend" op te tree?

Politieke ontleders sal met ywer infoeter in die doolhof van mag en invloed in die ANC om te probeer peil wie voorloop, maar wat sal die sin van dit alles wees?

By 'n onlangse aandete draai 'n gas na my en vra met opregte optimisme: "So, wanneer dink jy gaan Ace tot 'n val kom? Dit is tog onafwendbaar." "Wel," antwoord ek, "hoeveel dink jy maak dit regtig saak?"

Die vraag is: Sal die reiniging van die verrotting in die regerende party die le wens verander van mense in Khayelitsha of Alexandra, of die land se ekonomiese trajek merkbaar verander? Anders gestel: Wat beteken Ramaphosa se "nuwe daeraad"? In sy toespraak op Versoeningsdag vandeesmaand het hy dit eenvoudig gestel.

Oor korrupsie was hy ondubbelsinnig: "Ons kan nie 'n samelewing boil wat individue toelaat om hill lewens te verbeter en hill potensiaal te ontgin as hulpbronne wat bestem is vir die mense gesteel word deur diegene wat voorgee dat hulle dienaars van die mense is nie." Maar wat van beleidshervorming?

Terwyl Ramaphosa blykbaar 'n greep het op die feite wanneer hy se "ons kan nie 'n omgeesamelewing boil solank as wat die meerderheid leef in toestande  van armoede, ongelykheid en ontbering en 'n minderheid in gemak en bevoorregting nie", moet ons skerp fokus op die sin wat direk hierop gevolg het: "Ons kan nie vorentoe beweeg met die proses van betekenisvolle versoening solank as wat daar weerstand is teen beleid oor ekonomiese transformasie, regstellende aksie en grondhervorming nie."

As daar enigiets is wat sonder twyfel werkloosheid sal verdiep, nog meer mense ekonomies sal uitsluit, beleggings sal aanhou afskrik, vertroue verder sal ondermyn, en 'n toekoms sal waarborg van hardnekkig lae ekonomiese groei, stygende begrotingstekorte, groeiende maatskaplike onstabiliteit en armoede, is dit die volharding met daardie selfde fundamenteel onbesonne ANC beleid wat die land reeds voor die pandemie in 'n resessie gedompel het.

Die naakte waarheid is dat Ramaphosa se "nuwe daeraad" agter ons is; die son het opgekom en hang hoog teen die uitspansel; en in die helder daglig is dit doodduidelik wat agter ons is en wat vir ons voorle.

Met die begin van die staat van inperking in Maart het ek iets onrusbarend opgemerk wat ek indertyd si5 beskryf het: "Toe ons as SuidAfrikaners op die aand van Donderdag 26 Maart huis toe gegaan het om ons te isoleer het die meeste van ons teruggeglip na die land waarin ons gedink het ons laas in die 1980's gewoon het.

"Ondanks al die veranderinge, en die massiewe skaal van die post-1994 hervorming, en die geboorte van wat destyds die nuwe SuidAfrika genoem is, het die meeste van ons in die tien miljoene elk na ons huise in die wemelende townships en die stil strate van die voorstede gegaan asof daar steeds 'n wet is wat ons met die onuitwisbare logika van apartheid van mekaar skei. En natuurlik is daar so 'n 'wet': Dit is die wet van die ekonomie ."

Daar is geen duideliker illustrasie van die mislukking van meer as twee dekades van ANC beleid as juis dit nie. Tog blameer Ramaphosa en die party wat hy lei hierdie mislukking op "weerstand".

Die politieke ontleder Shawn Hagedorn skryf onlangs: "Dit is die konstante veldtog teen ongelykheid wat politieke beskerming koop vir kamerade wat hulself verryk. En tog verdoem juis daardie beleid en gebruike wat ons regerende elite toelaat om hulle trommeldik te eet die meeste SuidAfrikaners tot lewenslange armoede. Terwyl die armes geblinder word deur teespoed, versuim die mees vername meningsvormers egter om die ANC se huigelary oor ongelykheid te konfronteen."

Daar is geen meer verrassings nie. Ace Magashule kon dit self nie beter saamgevat het toe hy gevra is watter boodskap sy weiering om opsy te staan aan die land stuur nie. Gewone mense "is nie die media nie", het hy gese, en met ontmoedigende insig bygevoeg: "Suid Afrikaners verstaan wat in die land gebeur." En wat gebeur, is dat die ANC altyd dieselfde bly. Daarop kan ons reken.

Michael Morris is die hoof van media by die Instituut vir Rasseverhoudinge.

https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/n-nuwe-daeraad-dieselfde-ou-anc-20201227

© 2020 South African Institute of Race Relations
CMS Website by Juizi

Terms & Conditions | Privacy Policy | Accuracy Guarantee | Sponsors & Donors