Hoe om u sakeonderneming staatsbestand te maak - Maroela Media

Jun 28, 2018
28 June 2018 - Saam het ons ‘n geweldige impak, maar as u nie betrokke raak nie, is daar niemand anders wat vir jou sal opstaan nie.

Die toespraak is deur dr. Frans Cronje by Afrisake se konferensie “Vooruitsigte vir staatsbestande saka – hoe firmas kan slag wanner die staat misluk” on 5 Junie in die Atterbury Teater in Pretoria gelewer:

 Wat is die oorsprong van die bedreigings teenoor u as sake-eienaar of entrepreneur in Suid Afrika in 2018 en wat moet hy of sy doen om die sakeonderneing staatsbestand te maak? 

Ons begin by die risiko’s. Daar is vyf risikogebiede:

Die eerste is die regerende party en die bedreiging is hoofsaaklik gevestig in sy vormingsideologie.  Die politieke ideologie van die regerende party word ondersteun deur die teorie van die Nasionale Demokratiese Revolusie.  Dié teorie spruit op sy beurt uit Lenin se teorie van imperialisme dat die welvaart van koloniale magte slegs ontstaan het deur die uitbuiting van die gekoloniseerdes en dit is dus inherent onverdiende.  In Suid-Afrika het die ANC die teorie aangepas vir wat hy kolonialisme van ’n spesiale aard noem – die spesiale aard synde dat, anders as in baie ander dele van die wêreld, die koloniseerder ’n permanente deel van die samelewing geword het en nooit sal weggaan nie.

Die doel van die Nasionale Demokratiese Revolusie is om die koloniseerder van sy welvaart en alles wat daaruit voortvloei – sy onderwys, lewenstandaard, tuiste, eiendom en geleenthede vir vooruitgang – te onteien.  Totdat dit gebeur het hou die teorie stand, kan die revolusie nooit volkome wees nie. 

Die ANC het homself by verskeie geleenthede na 1994 tot die Nasionale Demokratiese Revolusie herverbind.  In Julie verlede jaar het mnr Ramaphosa byvoorbeeld vir die Kommunistiese Party gesê:  

 “Een van die sleuteltake van ons Kongres moet die erkenning van die behoefte wees om die…bevrydingsbeweging saam te snoer in ’n hegte alliansie… teenoor die Nasionale Demokratiese Revolusie en sy doelstellings.”

Die ANC verstaan egter lankal dat om eenvoudig die kapitalistiese ekonomie te vernietig so ’n kettingreaksie van negatiewe gevolge sou ontketen dat dit, op sy beurt, die revolusie sou vernietig.  Die doel moet eerder wees om “die kapitalistiese ekonomie tot die revolusionêre agenda van die staat aan te wend”.

Dit is ’n stadige en inkrementele proses van die aanwending van regulasies, wetgewings en staatsmag om welvaart van die middelklasse en die sakegemeenskap onder staat’s en party beheer te bring.  Die mynboubeleid, SEB-beleid, grondhervormingsbeleid en die beleid oor waterregte is almal voorbeelde hiervan – en ons sal na hulle terugkeer.  Soos my Russel Lamberti, wat vandag hier is, verlede jaar opgemerk het, is die doel nie soseer om op die produksiemiddele beslag te lê nie, maar om eerder dié middele tot die voordeel van die staat en party te reguleer.

Dell van die briljantheid van die NDR teorie lê daarin dat waar enige beswaar teen die negatiewe gevolge van hierdie regulatoriese beleide geopper word, die persoon wat die besware maak daarvan beskuldig sal word dat hy of sy die onverdiende status quo, wat tydens die koloniale era gevestig is, wil verdedig, wat verder beteken dat die kritiek rassisties moet wees en sy of haar beskouing dan ook inherent ongeoorloof is.  Om die beleid hoegenaamd te bevraagteken is op sigself bewys van die misdryf en dus word die nadelige gevolge van die beleid nooit genoegsaam ondersoek nie.

Die teorie van Nasionale Demokratiese Revolusie sal vir die volgende dekade die vormingsideologie van die regerende party bly en die oorkoming van die gevolge daarvan moet u belangrikste strategiese doelwit bly.

Die tweede is die politieke opposisie.

Moet uself nie mislei oor waar die Demokratiese Alliansie nou staan nie.  Dit is al minder ’n organisasie wat u belange as entrepreneurs en sakelui op die hart dra.  Daar is goeie mense in die party en hulle doen hul bes, maar dit sou misleidend wees om u enigiets anders te vertel as dat hulle elke dag veld verloor teenoor rassenasionalistiese faksies wie se vormingsideologie geensins verskil van dié van die ANC s’n nie.

Indien daar enige twyfel bestaan het oor waarheen die party oor beleid op pad is behoort die onlangse twis oor die idee van wit bevoorregting selfs die skeptici te oortuig.

In ’n toespraak verlede maand het Mnr Maimane gesê dat die DA wit bevoorregting sou beveg.  Daar is gesuggereer dat hy dalk nie volledig verstaan het waartoe hy sy party verbind nie, maar ek twyfel nie daaraan dat sy adviseurs presies weet wat die term in die Suid-Afrikaanse konteks beteken nie.

Wit bevoorregting beteken dat die blote feit van jou ras beteken dat jy onverdiende maatskaplike en ekonomiese voordele binne die samelewing ontvang, dat dié voordele jou toelaat om onderrig te ontvang, jou loopbaan te volg of jou besigheid te bestuur, en dat jy dié voordele slegs op grond van  Suid-Afrika se koloniale en rassistiese verlede ontvang.  Nog erger is dat jou ontvangs van hierdie voordele jou nie net toelaat om vooruit te gaan nie, maar dat dit die rede is waarom swart mense arm, werkloos en swak onderrig is.  Ipso facto is jou hele lewe eenvoudig ’n refleksie van die rassistiese verlede en is dit dus en ’n primere oorsaak van swart armoede.  Daaruit moet volg dat dit die rol van die staat is om tussenbeide te tree om ‘wit bevoorregting te konfronteer’, soos mnr Maimane gesê het – om jou hierdie voorregte te ontsê.

Indien u ’n ooreenkoms tussen die wit bevoorregting-teorie en die teorie van Nasionale Demokratiese Revolusie sien is dit omdat hulle wesenlik verwisselbare konsepte is – dat albei, in eenvoudiger taal, aan ouderwetse sosialistiese dogma toegeskryf kan word.

Konfrontering van swart armoede, of armoede ongeag van ras, is wat politici behoort te doen.  Maar jy doen dit deur goeie skole te skep, betroubare infrastruktuur te voorsien, en belegging te trek om die ekonomie te laat groei en werk te skep.  Daar is nie ’n ander manier nie.  Konfrontering van wit bevoorregting deur die staat toe te laat om in te meng met die onderwys, lewens en sakeondernemings van wit mense, bereik absoluut niks anders nie  anders as om die hele samelewing armer te maak.

Die punt is dat as die DA verby die teurgkomspunt is ten opsigte van die aanvaarding van wat in wese die vormingsideologie van die ANC is, moet u verwag dat hy ook – waar hy regeer of invloed oor beleid het – sal hy pogings aanwend om groter mag aan die staat te gee om by u besighede in te gryp.

Die derde risikoterrein wat u in die gesig staar ontstaan uit groot georganiseerde besigheid.  Die Suid-Afrikaanse ekonomie is besaai met reuse- korporatiewe monopolieë.  Hulle gebruik hul finansiële spierkrag en nabyheid aan politieke leiers om beleide te bewerk wat dit vir kleiner firmas of beginbesighede baie moeilik maak om teen hulle mee te ding.

Reuse firmas makliker as klein firmas die uitgawes verbonde aan hierdie beleide kan bekostig.  Die groot firmas het die kapitaal, balansstate en administratiewe hulpbronne om hierdie koste te absorbeer – iets wat nie van kleiner firmas of beginbesighede waar is nie.  Deur die kleiner firmas te dwing om in dieselfde regulatoriese raamwerk te bestaan is groot georganiseerde besigheid daartoe in staat om dié firmas se mededingendheid te verminder en hulle uit die mark te druk.

Die vierde bedreiging wat u in die gesig staar is van die hoofstroom-media en sosiale media.

Weens die greep wat dogmatiese, sosialistiese denke op die land word wat u doen nie  besonder hoog waardeer in die konteks van openbare mening nie.

Mense wat werk skep word dikwels in die media as uitbuitend voorgestel.  Net so word entrepreneurs wat kapitaal vir die land voorsien as hebsugtig en uitbuitend voorgestel. 

Dit is ’n vreemde wêreld wanneer diegene wat so hard werk om die ekonomie te bou en geleenthede vir die armes en die werkloses te skep as skurke voorgehou word terwyl die politici en aktiviste, wat in die pad daarvan kom en dit so moeilik maak om te slaag en te belê, as helde in die stryd teen armoede en werkloosheid beskou word.

Laastens kom ons by die regering self.  In plaas daarvan om ’n aktiewe omgewing vir belegging te skep het baie beleide van die regering die teenoorgestelde uitwerking.  Ek sal u aanraai om te verwag dat die regering in die onmiddellik toekoms die volgende sal doen: 

§  Probeer om meer veeleisende rasseverpligtinge op u besigheid en dié met wie u sake doen te plaas.

§  Sy pogings tot welvaartonttrekking deur regulering sal versterk – om u en u bedryf so te reguleer dat u gedwing word om van meer eienaarskap en beheer van u firma afstand te doen.

§  Eiendomsregbeskermings verder af te takel, nie net op die toneel van grond nie, maar ook in terreine so ver as intellektuele eiendomsregte en patentbeskermings.  Grond is eenvoudig die skerp kant van die wig wat, weens die historiese konnotasies daarvan, gebruik word om eiendomsregbeskermings breër te knou.  

§  Meer veeleisende arbeidsregulasies in te stel en die koste van verhuring en die skep van geleenthede vir onervare en swak opgeleide mense te verhoog.

§  Belastingkoerse te verhoog, hoofsaaklik deur onregstreekse en agterbakse belasting in die vorm van verskeie heffings en verwante belastings soos dié op brandstof, koolstof en suiker.  Daar word verwag dat regeringsbesteding as ’n deel van BBP rekordhoogtes sal bereik en dit is onwaarskynlik dat die regering se groeiteikens gerealiseer sal word, wat beteken dat beleidmakers al meer na u – en na u klante en verbruikers – sal kyk om die begrotingstekort te finansier.   

Dit is ’n werklik beswarende lys struikelblokke wat u die hoof moet bied.  Daar is baie ontleders wat ons sal vertel dat dinge nou sal verbeter, maar ek het egter sedert Desember genoeg gesien om te sê dat ek nie dink dat dit in die onmiddellike tydperk voor ons sal gebeur nie en indien u verbind is tot Suid-Afrika en wil help om ’n sukses daarvan te maak, sal ek u aanraai om die volgende strategiese opsies te oorweeg.

Die eerste is om versigtig te wees vir besigheid met die regering.  Dit mag vir ’n tydjie lonend wees, maar indien ’n wending teen u kom kan u heeltemal uitgeskakel word. 

Die tweede is om lugtig te wees vir baie groot firmas.  Hulle sal ook onder politieke druk teen u draai en al meer kwaadwillig teenoor u handel, veral om u onder druk te plaas om u neer te lê by die rassedogma van die staat. 

Die derde is om lig te loop vir u blootstelling aan vaste bates en belegging in Suid-Afrika.  Sulke bates is veral kwesbaar vir regulatoriese en ander ontvangste deur die staat.  Elke sakeonderneming is natuurlik uniek en daar is ongetwyfeld ruimte vir vaste beleggings – Ek sou net versigtig wees indien my hele besigheid heeltemal afhanklik was van en blootgestel was aan sulke belegging.

Die vierde en verwante punt is om versigtig te wees om ’n alleenstaande Suid-Afrikaanse besigheid te wees.  Probeer om u kliëntebasis buite ons land se grense te diversifiseer om u risiko te beperk indien die plaaslike sakeomgewing in die tydperk voor ons skielik negatief raak.

Die ideale posisie om dan in te wees sou waarskynlik wees om ’n klein of middelgrootte firma met beperkte transaksies met die staat of georganiseerde besigheid te he wat meer op intellektuele as op vaste kapitaal staatmaak en wat dienste verskaf aan ’n kliëntebasis binne sowel as buite Suid-Afrika.

Wanneer u struktureel behoorlik geposisioneer is dink ek daar is ’n paar ander dinge wat u behoort te oorweeg om u sakeonderneming selfs stewiger te maak.

Die eerste hiervan is om nie deel van die probleem te word nie.  Indien u nie ’n slagoffer van die rassemanipulasie-dekrete van die staat wil word nie, moet u sover moontlik probeer om nie daaraan te voldoen nie of u voorsieners en vennote te dwing om dit te doen nie. Weer eens is die briljantheid van die NDR-tipe beleid dat die slagoffer die beleid op homself van toepassing begin maak.  Ek weet dat hier wetlike en regulatoriese struikelblokke is en ek is simpatiek daaroor.  Maar op ’n tydstip moet ’n mens uit beginsel ‘n standpunt inneem.  Verwant daaraan is om diegene rondom u te help om te groei en suksesvol te word.  Elke geleentheid wat u skep maak die samelewing en die land sterker.   

Die tweede is om aktief betrokke te wees in die beleidsomgewing.  Sluit aan by dié organisasies wat vir die regte goed baklei.  Sluit by hulle almal aan.  U belegging in groepe soos Afrisake of n ‘n vriend te word van die IRV is ’n kritieke deel van die toekoms wat u hier het (debietorders maak dit alles moontlik).  As u dit nie doen nie is daar niemand anders wat vir u sal opstaan nie.

Saam het ons ‘n geweldige impak, maar as u nie betrokke raak nie, is daar niemand anders wat vir jou sal opstaan nie.

 Dr. Frans Cronje bestuur die sentrum vir risiko-ontleding – ‘n dinktenk van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. SMS IRR na 32823 om meer to wete te kom.

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/hoe-om-u-sakeonderneming-staatsbestand-te-maak/

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi