Brief: Cyril se ‘ons’ ly oor beleid wat verarm - Rapport

Apr 10, 2022
10 April 2022 - In sy nuusbrief van 4 April sê pres. Cyril Ramaphosa oor die SAID se aankondiging dat hy tussen April 2021 en Maart 2022 meer as R1 564 miljard ingesamel het dit sou nie moontlik gewees het sonder die samewerking van die meeste belastingbetalers nie.

In sy nuusbrief van 4 April sê pres. Cyril Ramaphosa oor die SAID se aankondiging dat hy tussen April 2021 en Maart 2022 meer as R1 564 miljard ingesamel het dit sou nie moontlik gewees het sonder die samewerking van die meeste belastingbetalers nie.

Dis daarom merkwaardig dat die regering aanhou om beleid en idees na te jaag wat ekonomiese aktiwiteit strem en belastingbetalers verarm of wegjaag.

Die voorgestelde wette op grond-onteiening en die grondhof en die Wet op Gelyke Indiensneming sal die bestaande belastingbasis vernietig.

As dié wette aanvaar word, sal dit eiendomsreg in Suid-Afrika prakties tot niet maak en mense ontmoedig om hier sake te doen.

Suid-Afrika trek tans voordeel uit die hoër kommoditeitspryse, maar dit troef nie betekenisvolle strukturele hervorming nie.

As ekonomiese aktiwiteit wel sou toeneem, sal die beskikbaarheid van elektrisiteit ’n groter probleem raak.

In plaas daarvan om die spoor-infrastruktuur te beskerm – iets wat ’n positiewe impak sal hê op die land se handelspotensiaal – bly die regering se groot fokus kortsigtige meesterplanne vir lokalisering.

Die president skryf ook dat “ons” ’n gedeelde verantwoordelikheid het om belasting te betaal en dit verstandig te bestee.

In die afwesigheid van hervorming wat gerig is op ekonomiese aktiwiteit en vryheid is die land se belastingbasis gedoem om aan te hou krimp. Voordat die regering praat oor “ons” moet hy eers wys dat hy verbind is tot ’n ander pad as die een wat hy die afgelope dekade gevolg het.

Chris Hattingh, Instituut vir Rasseverhoudinge

https://www.netwerk24.com/rapport/weekliks/brief-cyril-se-ons-ly-oor-beleid-wat-verarm-20220410

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi