Waarom dan nie wit mense laat gaan? – Rapport, 27 March 2016

Mar 28, 2016
’n Gewilde storie in ons land is dat die koloniale bewind die begin van vele van Suid-Afrika se probleme was. Pres. Jacob Zuma het onlangs aan die raad van tradisionele leiers gesê kolonialisme “is die “bron van die armoede en ongelykheid wat die skandelike kenmerk van ons nasie geword het en ’n struikelblok vorm vir ’n toekoms van gedeelde voorspoed”.

Dear Frans Cronje 

’n Gewilde storie in ons land is dat die koloniale bewind die begin van vele van Suid-Afrika se probleme was. Pres. Jacob Zuma het onlangs aan die raad van tradisionele leiers gesê kolonialisme “is die “bron van die armoede en ongelykheid wat die skandelike kenmerk van ons nasie geword het en ’n struikelblok vorm vir ’n toekoms van gedeelde voorspoed”.

Vir ’n man wat glo ongewild is, geniet Zuma se idees geweldige steun van verskeie prominente joernaliste, burgerlike gemeenskapsleiers, akademici, politici en senior staatsamptenare. Daar word byvoorbeeld amper daagliks in die media geskryf hoe iets genaamd “witheid” die rede is dat swart mense arm is. Sekere universiteitskampusse ondersteun die verwydering van alle koloniale “simbole” en selfs die skrap van “Europese” idees uit kursusse. Daar is byvoorbeeld oproepe vir die verwydering van die standbeeld van koning George V van die Universiteit van KwaZulu-Natal, terwyl die standbeeld van koningin Victoria in Port Elizabeth onder vandale deurgeloop het. Indien die simbole van die koloniale bewind verwyder moet word, wat dan van die afstammelinge van die kolonialiste self?

Laat ons – ter wille van hierdie argument – aanvaar dat Zuma reg is en dat kolonialisme wel die bron van al ons probleme is. Laat ons ook aanvaar dat alle oorblyfsels van die koloniale era uitgewis moet word en dat alle rykdom wat sedert 1652 byeengebring is, herverdeel moet word. Waar laat dit ons?

Die Europese kolonialiste wat hulle in Suid-Afrika gevestig het, het dit nie op hul eie gedoen nie. Die kolonisering van die land is oor ’n baie lang tyd deur talle Europese regerings bevorder en aangemoedig. Dit was die beleid van dié regerings om mense in Afrika te vestig om politieke en ekonomiese beheer oor die streek uit te oefen.

Hulle is verantwoordelik vir die feit dat daar ’n wit bevolking in Suid-Afrika is.

Ek dink die afstammelinge van Franse, Hollandse en Britse setlaars in Suid-Afrika sou binne hul reg optree as hulle hierdie regerings sou konfronteer met die aanklag: “Julle het ons hierheen gebring, julle het ons aangemoedig om te kom. Nou word ons geteiken weens jul beleid van koloniale uitbreiding. Gee ons dus die geleentheid om terug te keer.”

Waarom – as die afstammelinge ’n “struikelblok” vir ’n beter Suid Afrika is – het die ANC-regering nog nie sy ampsgenote in Parys, Den Haag en Londen genader om die vrywillige terugkeer van koloniale nasate te help fasiliteer nie?

As die afstammeling van ’n Hugenote-familie wat reeds honderde jare hier is, wil ek hier bly en probeer om dit te laat werk. Europa is vir my te grys, nat, en koud en hierdie land is my tuiste. Ek dink die meeste wit mense voel ook so.

Navorsing wys ook dat die meeste swart mense wil hê wit mense moet bly om saam ’n beter toekoms te help bou. Maar ek voel nietemin dat as regeringslui en ander prominente stemme voortgaan om die wit minderheid vir Suid-Afrika se huidige euwels te blameer, dié minderheid die keuse moet hê om terug te keer.

’n Baie kragtige drukgroep sou in Europa rondom hierdie kwessie gebou kon word. Die vaardighede wat jong professionele mense met hulle sou saamneem, sou tot groot voordeel van die Europese ekonomie gestrek het.

Ek sou graag wou weet of die Suid-Afrikaanse regering dié idee sou ondersteun? En indien nie, waarom nie? Dalk omdat hulle bang is dat die wit mense sal gaan?

Lees die rubriek in Rapport hier

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi