Deur Mienke Steytler, Hoof van Media en Openbare Sake by die IVR
Reeva Steenkamp se dood aan die hand van Oscar Pistorius – met wie sy intiem bevriend was – is nie vreemd nie.
Die meeste vroue wat in Suid-Afrika vermoor word, word doodgemaak deur iemand wat na aan hulle is: 'n lewensmaat, 'n vriend of 'n minnaar. Dit word intieme vroueslag genoem.
Daar was 'n algehele afname in moord op vroue in Suid-Afrika oor die afgelope ses tot 15 jaar.
Die Mediese Navorsingsraad (MNR) het in 'n studie bevind dat intieme vroueslag as persentasie van moord tot 50.3% in 1990 toegeneem het tot 57.1% in 2009.
Dit maak intieme vroueslag nou die grootste oorsaak van moord op vroue in Suid-Afrika.
Suid-Afrika se intieme vroueslagsyfer in 2009 is meer as dubbel dié in die VSA.
Daar is dit twee per 100 000 vroue.
Volgens die MNR en die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) is omvattende, wetenskaplike, geslaggegronde voorkoming broodnodig om hierdie tendens om te swaai.
Die polisie moet dit ook hoër prioriteit gee – in sowel voorkoming as opvolging.