’n Klein poel van 1,5% dra die staat - Rapport, 19th May 2013.

May 20, 2013
In his monthly column in Rapport newspaper, the Institute's Deputy CEO, Frans Cronje, says that 500 000 individuals, or approximately 1.5% of the population, paid 50% of the income tax received by the State.

Die belastingbasis is die achilleshiel van die regering en toon net hóé dankbaar die groot meerderheid arm en werklose Suid-Afrikaners teenoor hul hardwerkende medeburgers in die middelklas moet wees.

Daar is sowat 30 miljoen volwassenes in Suid-Afrika. Sowat tien miljoen van hulle is geregistreer om persoonlike inkomstebelasting te betaal. Daar is egter slegs vyf miljoen burgers wat genoeg verdien om te kwalifiseer om belasting te betaal. Dit beteken slegs 15% van die volwasse bevolking betaal inkomstebelasting.

Inkomstebelasting wat betaal word deur individue is natuurlik nie die enigste bron van staatsinkomste nie.

Jaarliks dra dit by tot ’n derde van die staat se totale inkomste. Nog ’n derde is afkomstig van belasting op toegevoegde waarde (BTW) en die laaste derde is afkomstig van korporatiewe inkomstebelasting. Inkomstebelasting wat betaal word deur individue is egter die belangrikste aanwyser van die gesondheid van die belastingbasis. Dit gee vir ’n land ’n aanduiding van die stand van die sake- en arbeidsektor en maak dit moontlik om toekomstige inkomste uit BTW te meet.

Ontleed mens belastinginligting is dit moontlik om die gevolgtrekking te maak dat sowat 3 miljoen Suid-Afrikaners – of 10% van die volwasse bevolking – die grootste bydrae lewer tot die inkomstebelasting wat die staat ontvang.

Die inligting toon verder minder as 10% van die 5 miljoen belastingbetalers verdien meer as R400 000 per jaar. Dié groep betaal egter meer as 50% van inkomstebelasting wat deur die staat ontvang word. 

Dit lei tot die gevolgtrekking sowat 500 000 individue, of ’n geskatte 1,5% volwassenes, is vir meer as 50% van die land se inkomstebelasting verantwoordelik.

Vergelyk dié syfer met die feit dat daar tans 15 miljoen mense is wat maandelikse kontanttoelaes van die staat ontvang, en die mate waarin die staat van die klein middelklas afhanklik is word voor die hand liggend. 

Elke staatskool, polisiekantoor, pad, brug, Hop-huis, staatshospitaal en regeringsdepartement word verder grotendeels deur so ’n klein groep landsburgers gefinansier. 

Neem ook in ag Suid-Afrikaanse belastingbetalers word teen ’n top-individuele belastingkoers van 30% tot 40% effektief gedwing om ál die geld wat hulle jaarliks tussen Januarie en April verdien aan die regering oor te betaal.

Dit beteken middelklasburgers is net geregtig op die inkomste wat hulle tussen Mei en Desember verdien. Hulle werk dus drie tot vier maande van die jaar vir hul medemens en die staat. In die meeste gevalle moet die middelklas ook nóg uithaal vir dienste soos water, paaie (tol) en elektrisiteit. 

Sommige is selfs genoodsaak om vir private verskaffers van veiligheid en gesondheidsdienste op te dok.

Nietemin is die staat, politici en vele nie-regeringsorganisasies net té gretig om kritiek op die middelklas uit te spreek. Hulle moet egter dankbaar wees dat die land se belastingbetalers bereid is om so hard te werk en soveel te deel om hul medemens se lewenstandaard te verbeter.

First published in Rapport on 19th May 2013.

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi