8 Mei: Nou drik dinge - Rapport

May 05, 2019
5 May 2019 - Maar daar is tekens van lewe en verkiesingsvloeibaarheid daar buite. Die groter partye sal alles in hul vermoe doen om dit te keer soos wat hulle moet maar dit lyk of dit baie moeiliker is om dit te doen as op enige tydstip in die verlede. En dit is op sigself 'n baie interessante ontwikkeling.

Gareth van Onselen

Die finale weke van 'n verkiesing is die mees vloeibare. Histories konsolideer die groter partye veral die ANC en die DA hul aandeel van die stemme opwaarts, terwyl kleiner partye hul aandeel van die stemme verlaag.

Verkiesingswaarnemers praat van die "squeeze", 'n aanduiding van die druk wat toegepas word op hierargiese wyse van bo na onder. Met net 'n paar dae tot stemdag toe is ons nou diep in die squeeze.

Die Instituut vir Rasseverhoudinge IRV publiseer more sy finale meningspeiling voor die verkiesing. Dit is ontwerp om te meet wat met partye se steun in hierdie kritieke periode gebeur.

So, wat kan ons verwag?

Kom ons begin met die ANC. In die afgelope dekade het ons gesien dat die ANC in die laaste paar dae voor elke verkiesing stelselmatig DA ondersteuners afrokkel. Die kwesbaarste deel van DA ondersteuning was nuwe of potensiele swart kiesers. Die DA het die vermoe om vroeg in die veldtog swart kiesers tot hulle aangetrokke te maak, maar dan sal die ANC druk begin toepas.

"Kom huis toe," sal hul boodskap wees. En: "Die DA gaan apartheid terugbring." Dit het elke keer gewerk. Die DA se ondersteuning onder swart kiesers sal stelselmatig gedurende die laaste twee weke voor die verkiesing wegkalwe. Die DA het egter nie werklik hierdie probleem in die verkiesing nie. Om te begin, is die party gedwing om daarop te fokus om sy kernondersteuningsbasis weer aan boord te kry rid 'n stormagtige twee of drie jaar veral in die Wes Kaap.

So, daar is nie regtig so 'n groot groep nuwe swart potensiele DA kiesers vir die ANC om al te rokkel nie. Tweedens, en belangriker, is daar die EFF wat veel meer probleme vir die ANC veroorsaak. Die ANC en die EFF blyk gewikkel te wees in 'n uitputtingsoorlog om die steun van 5% tot 8% van vervreemde ANC kiesers.

Sedert September, toe die IRV die eerste van sy vyf verkiesingspeilings gedoen het, het hierdie baie spesifieke groep kiesers gedurig tussen die twee partye gewissel. As die steun vir die ANC toegeneem het, het die EFF ondersteuning gedaal en omgekeerd. Die ANC het aan die einde van verlede jaar die meeste van die 5% tot 8% onder sy vaandel gekonsolideer.

In Desember kon die ANC reken op soveel soos 60% steun op 'n lae stempersentasie. Maar toe kom beurtkrag en Bosasa en skielik was die kiesers terug by die EFF. In April was die ANC op 51% en die EFF 14%.

Daar is ongetwyfeld belangrike redes waarom hierdie kiesers ewer die EFF as die DA kies. Dit is onduidelik presies wat hierdie redes is, maar die Suid Afrikaanse politiek word gekenmerk deur die monolitiese greep wat die ANC so lank reeds op kiesers het. Dit is waarskynlik dat hulle die EFF sien as 'n nie amptelike weergawe van die ANC wat die beste geplaas is om die ANC te hervorm sodat hulle daarheen kan terugkeer.

Die DA, daarenteen, het grootliks daarin geslaag om buite die ANC se heelal te werk, hoewel jy deesdae die idee kry dat ook hy nader aan die ANC ingesuig word. Nietemin, as die ANC squeeze vanjaar enige party se steun gaan beinvloed, gaan dit die EFF s'n wees.

Hoe goed die EFF die druk gaan weerstaan, sal bepaal hoeveel van die 14% steun wat hulle in April gehad het, hulle sal kan behou. Dit gaan egter nie vir die ANC maklik wees nie. Die groter prentjie is dat ANC steun aan die afneem is.

In KwaZulu Natal, die laaste dekade reeds die ruggraat van sy politieke steun, is daar tekens van proble me. In Desember het die IRV op 'n lae stempersentasie ANC steun in KZN op slegs 54% gestel.

As die nasionale tendense daar gerepliseer word, sal dit waarskynlik nog laer wees. En dit gaan sy werk soveel moeiliker maak. Wat die DA betref, is daar gedurende die laaste paar weke vrugbare voedingsareas, veral in die Wes Kaap. Daar het ons, in die nadraai van die DA se interne probleme, die opkoms van talle kleiner partye gesien. 

Die ACDP, die VF Plus, Good en selfs die EFF het almal 'n bietjie DA steun afgerok kel. In April het die DA op 51% in die Wes Kaap gele met 'n lae stempersentasie. Die ACDP was op 7%. jy kan seker wees dat die DA nou genadeloos sy aandag daarop gaan vestig om die lewe uit die ACDP en ander kleiner partye te druk.

Wat die ANC in die Wes Kaap betref, is daar iets wat die moeite werd is om dop te hou. Dit is nie net die provinsie waar die ANC histories die slegste vaar nie die provinsiale strukture is al jare 'n katastrofiese gemors. Kan die jagter in die Wes Kaap die prooi word as die DA sy aandag op die ANC vestig? Daar is potensiaal hier voor.

Sedert April het ANC steun aansienlik af geneem in die Wes Kaap. As dit voortduur, kan dit baie morsig raak. So, net soos die ANC 'n goeie kans het om daardie vloeibare EFF stemme in die laaste week terug te wen, kan jy verwag dat die DA die kiesers wat vir kleiner partye in die Wes Kaap wou stem, kan terugwen. Nasionaal is daar egter minder om die DA te voed. Die party sal goed doen as hy op verkiesingsdag soveel moontlik van sy kiesers by die stembus kry en geringe groei toon, tot by 24% of dalk 25% wat sy steunvlak in April was.

In Gauteng het die ANC sy poging tot baie laat gelos. In April was die ANC op 41% op 'n lae stempersentasie. Om daardie nege punte binne twee weke in te haal vir 'n volstrekte meerderheid sal 'n enorme taak wees. Hulle kan druk toepas op die EFF en ook, in 'n mate, op die DA. Die DA het 18% steun onder swart kiesers in Gauteng vergeleke met sowat 7% landwyd.

Maar as 2016 ons enigiets geleer het, was dit dat in stedelike sentrums soos Gauteng die verskuiwing weg van die ANC na die opposisie is. Dus sal dit hoogs onwaarskyn lik wees dat die ANC daardie verlore veld sal kan inhaal. Die DA het 'n soortgelyke probleem in  Gauteng as wat dit landwyd het: Daar is nie baie potensiele besluitlose kiesers wat hul le in die laaste twee weke kan oortuig nie. Die party se steun is nou al geruime tyd taamlik stewig rondom die middel tot hoer 30's gevestig op 'n lae stempersentasie.

Die ANC het die EFF wat hulle kan druk vir steun, maar die DA het nie regtig ie mand nie. Hulle sal dus by besluitlose ANC kiesers bly vlerksleep in die hoop dat hulle 'n paar ekstra stemme kan wen hoofsaak lik om die ANC op onder 50% te hou. As hulle dit kan regkry, sal hul missie groten deels suksesvol wees. As hulle dit egter kan regkry sonder enige groei van hul eie, is die saak meer debatteerbaar.

Die Noord Kaap gaan baie interessant wees en die moeite werd om dop te hou. Die provinsie is berug daarvoor dat dit bale moeilik is om daar akkurate meningspei lings te doen, en daar is dus geen sinvolle data oor moontlike stempatrone nie. Maar ons weet wel dat daar groot groei potensiaal vir die DA is. Dit is nie te se dat die ANC daar sleg vaar nie. Die party staan sy man die Noord Kaap was in werklik heid slegs een van twee provinsies waar die ANC in 2014 gegroei het.

Nietemin, die demografie en die nabyheid van die Wes Kaap maak dit duidelik dat die DA steeds verder groei. Hierdie verkiesing is een van die indien nie die mees vloeibare nasionale verkie sings tot op hede. Sowel die ANC as die DA het toegekyk hoe hul steun om verskillende redes wipplank ry. Dit is ongetwyfeld 'n goeie ding.

Te veel kiesers in Suid Afrika is vasgevang in die mentaliteit van lewenslange steun vir 'n party. Dit gaan nie noodwendig beteken dat daar na Woensdag groot strukturele veranderinge in die land gaan plaasvind nie. Maar daar is tekens van lewe en verkiesingsvloeibaarheid daar buite. Die groter partye sal alles in hul vermoe doen om dit te keer soos wat hulle moet maar dit lyk of dit baie moeiliker is om dit te doen as op enige tydstip in die verlede. En dit is op sigself 'n baie interessante ontwikkeling.

Gareth van Onselen is die hoof van poll tiek en regering by die Suid Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge. 

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi