’n ‘Konserwatiewe UDF’ kan ons red van die ANC en EFF - Netwerk24

7 November 2021 - er verduideliking van wat die afgelope week in die verkiesing gebeur het, het my kollega John Endres, wat my binnekort as uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) sal opvolg, te voorskyn gekom met die storie oor ’n buffel en ’n trop wildehonde.

Frans Cronje

Ter verduideliking van wat die afgelope week in die verkiesing gebeur het, het my kollega John Endres, wat my binnekort as uitvoerende hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) sal opvolg, te voorskyn gekom met die storie oor ’n buffel en ’n trop wildehonde.

Vir ’n lang tyd was daar ’n sterk ou buffelbul wat die Afrika-savanne oorheers het. Namate die bul verouder het, het hy al hoe meer aggressief en vernielsugtig geword. Die bewoners van die savanne het begin hoop dat ’n leeu daar sou opdaag en die buffel sou doodmaak. Hulle was egter so aan’t uitkyk vir die leeu, dat hulle nie gesien het ’n trop wildehonde begin die ou buffel teister en verniel nie.

Wat met die pas afgelope verkiesings gebeur het, is dat die wildehonde die ou buffel ingehaal en hom uitmekaar begin skeur het.

Dis wat hierdie week gebeur het en wat oor die volgende dekade voortdurend kan gebeur.

Die ANC is die ou buffel (en die EFF is die kalf wat onder sy beskerming staan). Gesamentlik maak hulle ’n wesenlik Marxistiese en rasse-nasionalistiese kamp uit wat die linkerkant van ons politieke spektrum domineer en vyandiggesind is teenoor ’n markekonomie, eiendomsregte en die oppergesag van die reg.

Rassisme vir 9 uit 10 nié sleutel-probleem.

Die wildehonde is ’n nuwe “verenigde demokratiese front” wat strek van die verste evangeliese hoeke van die ACDP tot die Afrikanernasionalisme van die VF Plus, die etnosentrisme van die IVP, deur die liberale middelpunt van die DA en tot in die swart konserwatisme van Herman Mashaba se ActionSA (ASA).

’n Oorvloed van selfs kleiner partye hang aan die rante van dié front. Gesamentlik verteenwoordig hulle ’n konserwatiewe front van Christelike waardes, ’n re­spek vir reg en orde, harde werk, private inisiatief en die oppergesag van die reg.

Dié front is nou in beheer van tussen 30% en 40% van stemme met die ANC/EFF-blok in beheer van minder as 60% – ’n syfer wat baie vinnig afneem.

Die verbrokkeling van die DA in 2019 was ’n goeie en noodsaaklike ding as voorteken tot die vestiging van hierdie breë front. Tot op daardie tydstip het die DA die versamelpunt geword van ’n groot deel van die ernstige opposisie tot die ANC. Afrikanernasionaliste, evangeliese Christene en swart konserwatiewes het saamgevloei in die DA. Dit het aanleiding gegee tot verskriklike interne onenigheid en konflik in die party.

Die DA was, en is nou weer in baie opsigte, ’n klassiek liberale party (wat nie met Amerikaanse liberalisme verwar moet word nie) en klassieke liberale verskil te veel van konserwatiewes, om nie van evangeliese konserwatiewes te praat nie, om onder dieselfde dak saam te bestaan.

Hulle kan almal saamstem oor belangrike kernsake soos eiendomsregte, ’n markekonomie, private inisiatief en die oppergesag van die reg, maar hulle sal hewig verskil oor omstrede sekondêre sake soos aborsie, etniese nasionalisme, die doodstraf en inenting.

Die antwoord is dus om hulle te laat onderverdeel in hul eie groepe, waar elkeen sy eie baas kan wees wat sy eie sekondêre sake van belang bepleit en verdedig sonder om die gemeenskaplike terrein van kernsake wat hulle in gemeen het in gedrang te bring.

Honde sal baklei oor hulpbronne; dit is in hul aard om dit te doen, en hulle sal af en toe mekaar takel oor die repies vleis wat uit die buffel geskeur word.

Moet dus nie te bekommerd wees as jy jou hond vir een van die ander sien knor nie.

Die opkoms van hierdie front is ’n onvermydelike en logiese progressie vir Suid-Afrikaanse politiek. Die bewyse lê in die opnames wat ons oor die afgelope 20 jaar gedoen het. Dit toon mense wat mekaar, oor alle historiese en huidige rasse- en politieke grense waaraan ’n mens kan dink heen, respekteer.

Byna agt uit tien Suid-Afrikaners is daarvoor te vinde dat mense oor rassegrense heen moet saamwerk om ’n beter toekoms vir almal te verseker. Rassisme word as ’n baie lae voorkeursaak beskou, met minder as een uit tien Suid-Afrikaners wat dink dat dit ’n sleutelprobleem is. Weer eens dink agt uit tien mense dat nasionale sportspanne op grond van meriete en nie ras gekies behoort te word nie. Weer eens beskou minder as een uit tien mense onteiening sonder vergoeding as iets wat ’n beleidsvoorkeur vir die regering behoort te wees.

’n Beduidende meerderheid (75%) dink dat ekonomiese groei en onderwys ’n baie groter prioriteit as swart ekonomiese bemagtiging (SEB) moet wees. Daar is geen aanduiding van breë ondersteuning vir die ANC se Marxisme en hard­han­dige rassenasionalisme nie.

Dit sal nou baie goed wees indien die breë front wat ons beskryf oor ’n aantal grondbeginsels kan saamstem. Die belangrikste hiervan is geen onder­handelings met die EFF en die ANC nie. Die volgende vyf jaar sal moeilik wees vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Laat die ANC en die EFF die gevolge dra op terreine waar opposisiepartye nie sterk meerderhede het nie en die gevolg sal wees dat vertroue in die ANC en die EFF gesamentlik skerp sal daal.

As die DA nou agter die ANC inval, word die DA aan presies dieselfde risiko blootgestel in ’n koalisie wat die verdere uitwerking kan hê om die ASA en EFF nader aan mekaar te dryf en sodoende ’n monster te skep. ’n Tweede beginsel is om nie vir die EFF en ANC se dreigemente oor nasionalisering en onteiening te val nie. Albei was reeds ver gevorder met ’n belei ’n sleutelprobleem is. Weer eens dink agt uit tien mense dat nasionale sportspanne op grond van meriete en nie ras gekies behoort te word nie. Weer eens beskou minder as een uit tien mense onteiening sonder vergoeding as iets wat ’n beleidsvoorkeur vir die regering behoort te wees.

’n Beduidende meerderheid (75%) dink dat ekonomiese groei en onderwys ’n baie groter prioriteit as swart ekonomiese bemagtiging (SEB) moet wees. Daar is geen aanduiding van breë ondersteuning vir die ANC se Marxisme en hard­han­dige rassenasionalisme nie.

Dit sal nou baie goed wees indien die breë front wat ons beskryf oor ’n aantal grondbeginsels kan saamstem. Die belangrikste hiervan is geen onder­handelings met die EFF en die ANC nie. Die volgende vyf jaar sal moeilik wees vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Laat die ANC en die EFF die gevolge dra op terreine waar opposisiepartye nie sterk meerderhede het nie en die gevolg sal wees dat vertroue in die ANC en die EFF gesamentlik skerp sal daal.

As die DA nou agter die ANC inval, word die DA aan presies dieselfde risiko blootgestel in ’n koalisie wat die verdere uitwerking kan hê om die ASA en EFF nader aan mekaar te dryf en sodoende ’n monster te skep. ’n Tweede beginsel is om nie vir die EFF en ANC se dreigemente oor nasionalisering en onteiening te val nie. Albei was reeds ver gevorder met ’n beleidsraamwerk daarvoor en die enigste manier om dit stop te sit is deur albei te verslaan.

In 2012 het ek en my kollegas voorspel dat ANC-steun in 2024 tot onder 50% sou daal. Dit het nou gebeur – twee jaar vroeër as wat ons voorspel het.

Deur saam te werk oor die volgende twee en ’n half jaar kan die “wildehond”-partye wat daarvoor verantwoordelik is, die ou ANC-buffel in die nasionale verkiesing van 2024 verslaan en daarna ’n nuwe, hervormende regering vorm. Die risiko’s is enorm, maar indien hulle dit regkry, is daar hoop vir Suid-Afrika.

 Frans Cronje is die uittredende hoof van die IRV.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/n-konserwatiewe-udf-kan-ons-red-van-die-anc-en-eff-20211105

© 2020 South African Institute of Race Relations
CMS Website by Juizi

Terms & Conditions | Privacy Policy | PAIA Manual | Accuracy Guarantee | Sponsors & Donors

m