‘n Fout so eenvoudig dat slegs geleerde ekonome dit kan maak - Maroela Media

Jul 22, 2020
22 July 2020 - Drie weke gelede het Tito Mboweni, minister van finansies, sy aanvullende begrotingrede gelewer onder 'n refrein van oproepe vir 'n post-Covid-19 ekonomiese herstelplan. Terwyl Suid-Afrika na alle verwagting 'n hewige ekonomiese slag gaan verduur, het fiskale omsigtigheid van uiterste belang geword.

Drie weke gelede het Tito Mboweni, minister van finansies, sy aanvullende begrotingrede gelewer onder 'n refrein van oproepe vir 'n post-Covid-19 ekonomiese herstelplan.  Terwyl Suid-Afrika na alle verwagting 'n hewige ekonomiese slag gaan verduur, het fiskale omsigtigheid van uiterste belang geword.

Vroeër hierdie maand het 'n groep van 100 ekonome 'n beroep op die Parlement gedoen om die aanvullende begroting van minister Mboweni te verwerp en eerder meer as minder regeringsuitgawes aan te gaan om die post-Covid ekonomiese krisis wat Suid-Afrika in gesig staar te bekamp. Hierdie ekonome beweer dat besnoeiings in die begroting sal lei tot ekonomiese stagnasie.

Maar om die situasie as 'n eenvoudige keuse tussen groter spaarsamigheid en groei uit te beeld, is intellektueel oneerlik. Die werklikheid is dat, ongeag die plan wat in werking gestel word om die skuldkrisis in Suid-Afrika op te los, die gevolge vir albei hierdie keuses pynlik sal wees.  Die werklike keuse is tussen pyn gevolg deur hernieude vooruitgang, of pyn gevolg deur selfs nog pyn.

In die lig van die pandemie blyk 'n beskeie toename in staatskuld verstandig te wees en 'n aantal lande regoor die wêreld het stimuleringspakkette geïmplementeer om die ekonomiese toestande wat deur die Covid-19-krisis veroorsaak is, te verbeter.  Die Suid-Afrikaanse regering het ook 'n sogenaamde “stimuluspakket” van R500 miljard geskep, selfs al is hierdie bewering ietwat twyfelagtig.

Hoewel beskeie uitbreidings aan skuld vir smal en doelgerigte uitgawes as verskoonbaar is of selfs as verstandig geag kan word, veral in 'n tyd van lae rentekoerse, is dit kommerwekkend dat hierdie groep ekonome aanvoer dat ons nie bekommerd hoef te wees nie oor ons skuldvlakke nie.

Onvolhoubare skuldvlakke
Griekeland is 'n voorbeeld van 'n land wat sy skuld na die finansiële krisis in 2008 verkeerd bestuur het en meer as 'n dekade later steeds die las dra van onvolhoubare skuldvlakke.  Toe hulle geleende geld bestee het, het hulle gedink dat skuld nie 'n probleem was nie.  Enigiemand met 'n mate van kennis van Griekeland se skuldkrisis, sowel as dié van Argentinië nie hul skuld betyds kon afbetaal nie, moet weet dat onvolhoubare skuldvlakke uiteindelik struikelblokke word wat die privaatsektor versmoor, groei belemmer en uiteindelik self ekonomiese stagnasie veroorsaak.

Dus, die voorstel dat ons nie oor ons skuldsituasie hoef te bekommer nie, is kortsigtig en gevaarlik, veral omdat Suid-Afrika die afgelope dekade 'n onvolhoubare skuldpad gevolg het en homself opgesaal het met 'n onvolhoubare skuld-tot-BBP-verhouding.  Om miljarde rande meer by te voeg sal, soos die Griekse geval aantoon, die begin van Suid-Afrika se ekonomiese ondergang.  Al is sommige Griekse ruïnes hoe pragtig, sal die skuldkrisis wat noodgedwonge sal volg indien die aanbevelings van hierdie 100 ekonome geïmplimenteer word, 'n sosio-ekonomiese hel ontketen.

Groot besteders
Die ekonome se verweer sou waarskynlik wees dat die uitbreiding van die begrotingstekort deur meer staatsbesteding goeie nuus vir ekonomiese groei sal wees.  Hulle kan verder aanvoer dat daar baie min empiriese bewyse is wat daarop dui dat begrotingstekorte ekonomiese groei as sodanig belemmer - so waarom moet ons nie meer belastingeld spandeer om die ekonomie te stimuleer nie?  As daar iets is, so sê die groot besteders, kan dit die ekonomie bevoordeel sodra dit onder die gemiddelde groeikoers val.

Die probleem is dat die werklikheid gevolglik byt.  Groterwordende tekorte het histories monetêre gevolge, wat neerkom op die ontketening van kragtige inflasiekragte.  Geen ekonomiese kwalifikasie kan die realiteit van gevaarlike hoë skuld voorkom in die vorm van hoër belastings of nuwe, parasitiese skemas om staatsbesteding te finansier nie.  'n Voorbeeld hiervan is die toenemende aptyt van die regering om die regulatoriese raamwerk te wysig om plek te maak vir voorgeskrewe bates.

Die lastige impak van owerheidsbesteding wat op kortsigtige toegeeflikheid van skuld gebou is kan nie gesystap wordnie.  Hoe meer die regering spandeer, hoe meer moet hy leen, en om dit in die toekoms terug te betaal, hoe meer sal die belastingbetalers moet betaal.

Wanneer Keynesiane beweer dat besteding aan tekorte noodsaaklik is, eis hulle dat huidige regerings ondersteun moet word ten koste van toekomstige belastingbetalers. En tot watter doel?  Daar is geen kortpaaie vir ekonomiese groei nie, en regeringsbesteding op sigself bied geen oplossing vir ekonomiese stagnasie nie.

Mboweni is korrek as hy sê: “Die oortuiging dat ons ons weg uit lae groei kan bestee met belastinggeld, strook nie met die beste beskikbare empiriese bewyse nie en ignoreer Suid-Afrika se onlangse swak prestasie in die gebruik van staatsbesteding as 'n instrument om broodnodige ekonomiese  groei.”

 'n Uitkoms, nie 'n beleid nie

Ekonomiese groei is 'n uitkoms, nie 'n beleid nie.  Die vraag is: Hoe kom ons daar?

Die kompleksiteit van die ekonomie verberg die waarheid dat daar eenvoudig nie iets soos 'n gratis middagete bestaan nie.

Slegs opgeleide ekonome sou probeer om dit te ontken, maar in die hier en nou is daar geen uitweg uit ons haglike ekonomiese situasie sonder om terug te keer na fiskale omsigtigheid en 'n dringende en drastiese implementering van pro-groei-beleid nie.

Carl Sebastian Steenekamp is 19 jaar oud en hy is tans ‘n intern by die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge (SAIRV).

https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/jongstemme-n-fout-so-eenvoudig-dat-slegs-geleerde-ekonome-dit-kan-maak/?fbclid=IwAR2p7MUrp8Bqo4qFvl2w-1PZ7ib5eAu66dz96GMF05bzGcNV8kliP5nXxmE

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi