‘Beter as die ergste alternatief’ - Beeld

Nov 03, 2018
3 November 2018 - (Pravin Gordhan) se groot prestasie is om nogtans as ‘n ernstige tugmeester beskou te word.

Gabriel Crouse

The hele storie van Suid-Afrika was tyd tot tyd oor Pravin Gordhan. Die aand toe hy as minister van finansies aangestel is (na die Des van Rooyen-debakel) het die rand 80 sent teen die dollar gewen.  Toe Zuma hom twee jaar later afgedank het, het die rand nog meer waarde as dit verloor.  Die einste oggend van sy ontslag het protesteerders rondom die Nasionale Tesourie in Pretoria spontaan saamgedrom om te protesteer en te dans.  Die volgende week het tienduisende na die Uniegebou gemarsjeer in die fleurigste en kragtigste betoging wat Suid-Afrika in dekades gesien het.  En die week daarna het ’n soortgelyke aantal weer opgeruk en was Zuma se wapenrusting uiteindelik deurboor.

Net sodat jy weet waar ek staan, ek het ook by al drie daardie ZumaMustFall-saamtrekke getoi-toi en geskree tot my voetsole en stem gedaan was. 

Gordhan het verskeie sterk indrukke op hierdie land gemaak.  Maar hy het dit vanuit die deur, in silhoeët, op pad in of uit gedoen.  Wanneer hy werklik daar op kantoor is, is Gordhan heel middelmatig en die beste ding omtrent hom blyk te wees dat hy beter as die ergste moontlike alternatief is.

In sy eerste termyn as minister van finansies van 2009 tot 2014 het hy toesig gehou oor ’n toename van die skuld-tot-BBP-verhouding van 31% tot 47%.  Nadat hy die taak afgehandel het om ’n besuinigingsmasker oor swak gedissiplineerde fiskale beleid te plaas, is hy na die ministerie van Koöperatiewe Staatsbestuur en Tradisionele Sake (COGTA) oorgeplaas.  COGTA is waarskynlik die belangrikste ministerie waaraan nooit twee keer gedink word nie.  17 miljoen Suid-Afrikaners leef op grond in staatsbesit wat deur tradisionele leiers beheer word in toestande van uiterste armoede en werkloosheidsvlakke soortgelyk aan dié in Zimbabwe.

Het Gordhan enigiets gedoen om dit te verander, om transportaktes te versprei, om die staat se voorliefde om mag te gryp eerder as om sy burgers te bemagtig te stuit? Nee.  Nieregeringsorganisasies en leiers van boereverenigings in KZN, wat oor die grootste proporsie tradisionele grond in staatsbesit beskik, sê dat al wat hy gedoen het was om die vervanging te beheer van genoeg burokrate in sleutelposisies om ’n laag van verwarring tot die algemene onbevoegdheid van COGTA toe te voeg.

En toe is hy weer weg, terug na die ministerie van finansies.  En weer eens het hy gepraat oor hoe belangrik dit vir die regering is om op te hou om onbekosbare geld te leen, en nog eens is hy toegejuig omdat hy so redelik geklink het. Toe het hy ’n verdere toename in nasionale skuld toegelaat.  Weer eens was die enigste werklike teikens van sy besuiniging die verbruikers – wat nóg ’n verhoging in die brandstofheffing en verhoogde ‘sonde’ belasting op suiker en tabak moes ervaar – sowel as beleggers – wat aan ’n verdere verhoging in kapitaalwins- en dividendbelasting blootgestel is.  In wat byna as ’n grap beskou kon word het Gordhan ook ’n nuwe belasting op buitebande voorgestel, asof Suid-Afrika se probleem is dat te veel wiele nog draai.

 Met ingang van die ‘nuwe dagbreek’ het Gordhan die minister van openbare ondernemings geword.  Die grootste openbare onderneming is Eskom.  In 2003 het Eskom 23 000 werknemers gehad. Met ingang van 2018 was dié syfer 48 000.  In 2016 het die Wêreldbank beraam dat Eskom 66% te veel personeel gehad het en dat sy werknemers twee maal die norm betaal is.

Met die hoogtepunt van “Ramaphoria” was daar dus hoop dat oortollige personeel verminder sou word en salarisse afwaarts reggestel sou word.  Rasionalisering van Eskom sou ’n moeilike taak wees, een waarvan Gordhan gretig was om weg te skram.  Hy het aangedring dat salarisse vanjaar weer verhoog word en het gesê dat kapitale belegging eerder verminder moes word.

In hierdie stadium is ek nie meer verbaas nie.  Gordhan is nie ’n man wat ernstig daarvoor omgee om die wiele van hierdie ekonomie langer te laat draai nie.  Sy grootste belang is by die gewilde Suid-Afrikaanse tydverdryf wat ons te voet aanpak – die protesoptog.  Sy vernaamste voorkeur is om die betogers altyd aan sy kant te hê. Sy groot prestasie is om nogtans as ‘n ernstige tugmeester beskou te word.

https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/beter-as-die-ergste-alternatief-20181103

Support the IRR

If you want to see a free, non-racial, and prosperous South Africa, we’re on your side.

If you believe that our country can overcome its challenges with the right policies and decisions, we’re on your side.

Join our growing movement of like-minded, freedom-loving South Africans today and help us make a real difference.

© 2023 South African Institute of Race Relations | CMS Website by Juizi